Die Onse Vader

Noem my nie Naomie nie maar noem my Mara van bitterheid
Was haar keuse na dood van man en seuns en al daardie skitterheid.
Saulus word Paulus en roep sy meester Pappie of “Abba Vader”
As hy in sy liefde en smart die Here se wil moet nader.

Abram word Abraham, stamvader van besnydenis
Wat lei tot gelowiges van eeue – se doop en beleidenis
Jakob word Israel, van bedrieër tot ’n vors in grasie
Roep God self vir Hom die uitverkore nasie.

Noem My nie net Jesus nie, maar soek My as ‘Ons Vader’
As julle en jul kindertjies, sonder omhaal van woorde My wil nader
Hy is dan die Vader, moet altyd die Vader wees
Hy het dan geskep, man en vrou met siel en gees.

Wat in die hemel is, Ons Vader waar is die hemel?
Van hier waar mensdom op die hele aarde wemel
Die hemel bevat elke son of ster en planeet
Waarvan hierdie kleintjie ons eie aarde heet.

Die geloof ’n vaste vertroue op wat ons glad nie kan sien nie
Nie sigbaar vir instrument en teleskoop of laser riem nie
Die melaatse generaal kom Elisa vir genesing besoek
dienskneg se oog skille val, en vlam swaard engele op elke bult en hoek.

Neutrino’s van die son gaan deur heelal en aarde
Wat het ons oënskynlike sigbaarheid enige waarde
So kom die ganse Skrif met volmaakte waarhede
Van “Onse Vader” en ewigheid as werklikheids klaarhede.

Kan ons klank of selfs die wind dan sien?
Kom die rukwind in Vuurtong Gees om die mens te dien
Van buite die mens se wil, gedagtes en drome
Kom Vader en Seun en Gees volmaak volkome.

Laat U naam geheilig word, of ander taal, ook God gewy wees
Bring U naam vreugde, vrede en geluk met gewyde vrees
Die enigste Naam wat bestem, bestaan in hemel en aarde
Jou vrye wil mens, kies vir jou wese, die ewigheids waarde.

Laat U koninkryk kom, het Christus toe alreeds geweet
Sal Hy die kruisdood worstel sodat elkeen homself kan meet.
Soos die koperslang van ouds waarna die gepiktes opkyk in die woestyn
Sal ook ons gebed aanhou opkyk tot die dag wat Jesus verskyn.

Laat U wil geskied, het Jesus aan dissipels in die voorbeeld gebed gesê
En later in Getsemane self gebid of God dit dalk anders kan hê
Soos in die hemel, waarvandaan Hy na die aarde vertrek
Wil Hy ook die mensdom laat insien en red uit hierdie bose plek.
Gee ons vandag ons daaglikse brood, klink maar arrogant om te beveel
Soos ’n verwende kind van wie jy net sy koppie kan streel
Bread for me, my people and my brother
Dear Lord, for even my old age mother

Vergeef ons ons skulde of die nuwe vertaling se oortredinge
Van hardheid van hart en wederstrewige gestry en berederinge
Soos ons dié wat teen ons skuld, oortree en die kwade doen
Grootmoedig vergewe en bejeën, en ons ons met God versoen.

Lei ons na waters waar rus is, na die Evangelie se kern en hart
Lei ons tog nie in versoeking met sy ou einde van elende en smart
Van vriendelike verleidings van verbode vrugte, perskes of appelkose
O, God in en deur die kruisdood, verlos ons van die Bose.

Die nuwe vertaling het die ‘want’ of Habakuk se ‘nogtans’ weggelaat
Is glo deur een van die oorspronklike kopieerders daar ingepraat
Maar kom dit tog uit Openbaring dat al die dinge aan U behoort
Die koninkryk, die krag en die heerlikheid van heilige soort.

Ag Here laat ons dan dag en nag tot U wil nader
Liewe Jesus, U is tog ons “Hemelse Vader!”
Sal ons ooit anders kan beweeg of besin
As ons nie met “Onse Vader” begin.

Outeur: Andries Willem Brink