Die See

Die groot blou water kyk en tuur vir ‘n week vir ‘n dag of selfs vir ‘n uur dit rol em maal en skuimvlokkie herte verskyn hier en daar en oral in die verte die geruis die gesuis die gekras en gebruis voor jy hier en daar en selfs in die hoogwater huis

Die groot blou water kyk en dink aan dae lank vervloë jonk sterk en flink my bruid en ek draf al langs die brekende water skertsend laggend en kom tot ons self eers ure later dit was die wonder dae sorgloosedae weg gegly ag hoekom gaan die dae maande jare so gou verby

Die groot blou water kyk en raai drie dogters en ‘n seuntjie daar trek hy al by die kaai droomverlore sandkastele lyfies in sand begrawe speel ons naby die water en elkeen bou sy eie hawe sal hul soet bly sal hul groot word sal hul trou een met ‘n boerklong nee miskien twee en een met ‘n engelse ou

Die groot blou water kyk en gaan swem swem en baljaar speel en verjaar dink ‘n oomblik aan kake wat klem hoe langer hoe lekkerder maar hoekom nou so ver Verby almal voor almal en vaag is luidspreker aan blêr My asem my asem hoekom so diep spartel my kleinseun se oupa tog nog hoor ‘n vreemde se HELP THE OLD MAN ag ja nou ja

Die groot blou water kyk en dink aan die liefde wat die Vader uit ewigheid skenk en die aarde was woes en leeg en Hy het die water geskei van grond uit niet en ‘n blyplek en see vir ons berei Maar nou bly daar nog ‘n belofte van nuwe hemel en aarde Laat ons Glo en Bely smeek en stry daar kom die grootste waarde

Outeur: Andries Willem Brink