En Skielik

Jou lewe gaan deur en verwissel van ’n geworstel tot sestig
Als afgehandel en einde ten laaste netjies gegrond en bevestig
En skielik sien die mensdom jou as dom en onnosel en simpel
Al het jy al hul poste beklee en staan op einde se drumpel.

Van boekhouding, landmeet, plofstof, transport weet jy alles
En gee jy raad of hulp dan maak almal of jy werklik mal is.
Moenie dink jy gaan jou pensioen se geldjie met vreugde geniet nie
Jy gaan van vooraf daarvoor werk, nie verniet ’n kenner op elke gebied nie.

Dinge wat vanself weggaan kan ook weer vanself terug keer
Nes dit goed gaan en ontspan dan kom armgattigheid weer
As pensionaris ’n werk met groot moeite en smeking bekom
Veroorsaak dit dat jou loon ’n discount in inkomste vermom.

En skielik raak mens vergete en alleen, en alleen
Waarheen jaag almal so bekommerd en angstiglik heen
Sonder bedoeling om na sy eie pensioen te draf
Gelukkig kom niemand laat by sy eie graf.

Outeur: Andries Willem Brink