Herinnering van Onthou

Skryf net ’n paar woorde om te sê ek leef nog,
Dat ek nog nie onder dooies tel of is nie,
Alhoewel ek meer vergeetagtig raak is my kop
Ook nie meer van alles so bewus nie.

Gewoond geraak aan pyne en skete
En die vals tande gesukkel lankal vergete
Kom reg met my dubbel kyk brille se slagte
Maar, O, Here ek mis my gedagte.

Somtyds kan ek nie onthou of wat nie
Staan ek by die trap en moet ek op of af nie,
Moet ek ingaan vir iets om op te stel
Of kom ek vandaar, wie sal my vertel?

Voor die stoof of die yskas waar ek weifel
Ag my gedagtes is so vol skimme en twyfel
Het ek kos kom haal of kom bêre vir later
Versukkelde ongeduld maak my al kwater

Soms in die aardige donker van die nag
Moet ek opstaan of het ek kom lê of moet ek wag?
As dit my beurt is om vir jou te skryf of laat weet
Moenie kwaad word as ek die skryf vergeet

Miskien het ek my vas verbeel
Dat baie briewe jou kan verveel
Dat ek jou liefhet moet jy altoos onthou
Wens jy was hier dat ek my arms om jou kan vou

Die pos gaan twee uur ek moet nou ry
So totsiens en lekker bly.

Hier staan ek voor die poskantoor en wonder alweer
Rooi van skaamte moet ek my trane keer
Dis dan jou brief, ek het dit oopgeskeur.

Outeur: Andries Willem Brink