Psalm 23

Psalm 23 (Bron:- Psalm 23 en Bybel)
Dis ’n leeftyd se ding en steeds verder
Die Here is my Herder
Dis ’n hele lewens gelykenis
Van aanhoudende beleidenis

’n Skaap stap maklik agter sy versorger aan
Al sou die herder verborger taan
Hulle glo, hulle vertrou en kom as hy net wink
Stap agter hom aan sonder om aan iets te dink

Niks sal hulle ooit ontbreek nie
Hy laat hul nooit in die steek nie
Kom niks kort nie, al is daar nie water of gras nie
Hy sal sorg, selfs as daar voorheen niks was nie.

Na groen weivelde lei Hy hulle heen
Dan miskien net tydelik geleen
Na waters waar rus is, miskien nie vir my nie
Maar die fontein van lewende water gaan nie verby nie

Hy verkwik die siel van ou skape en gee die jonges krag
Al wil dit spore verloor in wêrelds mag
Spore van geregtigheid, eerlik sonder steel, minag of lieg
Sal Sy Naam ge-eer word, al moet siele wese eintlik bieg

Al word daar gegaan deur ’n dal van doodskaduwee of donker
Wie het nie al oor onheil gewonder
Die onheil donker diepte van soos in operasie
Lei Hy uit en deur, met agting, liefde en grasie

Die versorgings gereedskap van skaap met stok en staf
Kan jy tog rustig agterna loop of draf
Hy is by jou, Hy is voor jou, Hy het jou verlossing self gedoen
Al het Judas en ook jy, Hom in groot verraad Hom op die wang gesoen

Hy berei die tafel voor jou aangesig soos met ’n feesmaal
Kyk die buitestaanders selfs verskrik, bleek en vaal
Bespot en beskimp, is daai tollenaar tog nie die eregas
Maar weet nie sy skoonheid kom van Herder wat klere was

U goedheid en liefde is so vol soos ’n beker wat oorloop
Niks daarvan is swak, sleg of goedkoop
Net U goedheid en guns sal my lewe lank my bybly
Al sloer die lewe en sukkel om alles verby te kry

Sal ek tog uiteindelik ten volle in die huis van die Here woon
Gee aan elkeen die onverdiende kroon
Van lange dae sonder begin, voordag of namiddag, ja sonder end
Is God self die lig, geen son of see, maak Hy in openbaring bekend.

Outeur: Andries Willem Brink