Zanri

23 April 1998 – 18 Februarie 2004
Zanri Botha

Zanri

In my tuintjie sit ek en staar
Die lente is kort om die draai
Ek spit en plant en saai
Alles om my tuintjie te verfraai

Ek sit nog so en staar
sien ek die eerste knop, 'n nuwe blaar
Gou het blommetjies geblom in alle kleur
My tuintjie het 'n nuwe geur

'n Skoenlapper vlieg in volle fleur
Van blom tot blom van alle kleur
Ek sien haar in haar prag
Van blom tot blom in Goddelike prag

Jy wou nog oopmaak en verder blom
Vir jou het die winter te gou gekom
In die tuintjie het ons saam gespeel
Maar die donderstorm kon ons nie voorspel

Ons het die vooruitsig dat ons weer tesame
sal speel in die baie spesiale tuin
Waar elemente ons nie sal kan skei

Liefste Poppie
Ouma

© Riekie Brink