Paasnaweek

Pappie ek dra dit op aan jou, my mentor.

Jy het Geloof in my geplant, jy was ‘n wonderlike Pa en gelowige by uitnemendheid.

Geloof het ek van jou geleer
Geleef so naby aan jou Heer
Bybel altyd op jou skoot
Wanneer ons by jou verbyloop

As kind kon ek nie verstaan
Jou Bybel altyd oopgeslaan
Heeldag aan die lees
Wat kan tog so interessant wees

Baie jare later
Het ek besef dis Lewenswater
Dit is die daaglikse Brood
Sonder dit gaan jy dood

Vandag besef ek jou eensaamheid
Sonder jou maat in die nabyheid
Jy moes jou dogtertjies grootmaak
Vir manalleen, wat ‘n reuse taak

Jy was ‘n wonderlike man
Jy het jou plek volgestaan
Jou liefde en geloof het jy gestrooi
So het ek opgegroei

Vandag staan ek ook alleen
Oor my Pa en my man sal ek altyd ween
Twee gelowige manne in my lewe
Dankie Heer dat U hulle aan my het gegewe.

© Riekie Brink