Motherduck

Ek wil ‘n gedig skryf vir jou,
My woorde om jou vou.
My bewondering voor jou voete neer lê,
As ek jou net vir oulaas kon sê...
So baie om te sê!

My motherduck!
Lewe sonder jou suck!
Maar jy verdien meer,
die herinnering van jou glimlag is die antibiotika vir al my seer!
Jy laat my onthou om met alles in my vas te klou.
Daar is geen bly lê, dit is nie wat jy sou wou hê!

Jou stem ry op die wind,
ek loop deur elke foschini en hoop om jou gesiggie daar tussen die toppies te vind!
My dogtertjie vra “huil jy vir Ammie”?
Ja my skat, mamma het probeer maar ek kannie!

Motherduck. Jy was. Jy is die middelpunt.
Jy het ons geleer waar om ons krag te vind!

Jy het ons gewys om aan te hou glo,
te weet ons hulp kom van bo.
Daar waar jy nou is, waar jou siel kan Rus!

Daar vind Ek jou, in die diepste holte van my hart se klou!

Ek lewe om jou weer te sien! Motherduck 🦆🖤

© Anje Venter