Opgedra aan Lizette

My dogtertjie piep en klein
Aan my hart styf vasgeklem
Al het almal anders gesê
Sy het besluit sy sal in die lewe belê

Sy deel liefde ver en wyd
Van NOORD OOS WES en SUID
Nou is haar beurt om terug te kry
Alles wat sy so mildelik versprei

Die wat haar ken
Sal saam met my stem
Nodig jy iemand om op te steun
Kan jy maar teen haar kom leun

Vegter soos min
Wat sy aanpak maak sin
Volhard sal sy weer
Want sy is 'n kind van ONSE HEER

Mammie

© Riekie Brink